top of page

Sakkie en Sonja Bredell

IMG_9356.jpg

Leierpaar

Sakkie en Sonja was betrokke by die ontstaan van Lewende Woord Darling.  Albei het ‘n ongelooflike passie en liefde vir mense.  Hulle hart is dat Lewende Woord Darling ‘n plek moet wees waar almal deel voel van ‘n familie en waar die Heilige Gees ruimte het om te werk.  Hulle het ‘n passie vir mense se siele en hulle visie is dat mense tot bekering sal kom om deel te word van God se koninkryk.  Sonja behartig die gemeente se finansies en Sakkie is ‘n verhoudingsmens en vervul dus ‘n herdersfunksie.

Stephan en Anéle Rabe

IMG_9372.jpg

Leierpaar

Die paartjie is betrokke vanaf LW se bestaan en wat vir hul belangrik is, is om ’n familie gesentreerde aanbiddings plek te wees en ’n atmosfeer te skep wat soos jou tuiste voel.  Ons streef vir eenheid en Jesus Christus die middelpunt te maak van elke dag. As leiers van ’n selgroep pas hul ook hier die beginsels toe. Verder is Anèle diensbaar by die Sondagskool, Bejaardes, Funksies en Stephan weer by Klank en Kamera.  

Philip & Theresa du Toit

IMG_9346.jpg

Leierpaar

Philip en Theresa het twee dogters en is as gesin baie lief vir die Here.  Hulle dien Hom met oorgawe en deel die liefde en passie vir die Here met ander rondom hulle. “Om in diens van die Here te staan is die plek waar ons wil wees en waar ons wil groei en die wil van die Here vir ons lewens uitleef!”  Hulle gebed is dat GOD se wil altyd sal geskied, nie net in hulle eie lewens nie maar ook elke persoon met wie hulle in aanraaking kom. “Ons bid vir deurbrake elke dag op geestelike sowel as tydelike gebied en dat mense saam met ons die Here sal soek en sal dien.” 

IMG_9337.jpg

Nicolaas & Isolde Loubser

Leierpaar

Nicolaas en Isolde is die jongste paartjie in Leierskap, maar mense daar is vuur in hulle! Nicolaas, ons plaaslike "handyman" sorg nie net dat alles by die kerk in werkende orde is nie, maar hy installeer ook enige nuwe "bestellings" wat deur die kantoor vir hom uitgedink word!  Isolde is in beheer van die onthaal van predikers en het 'n handjie vol mense wat hiermee uithelp. 

Michael & Chantal Okkers

WhatsApp Image 2023-11-29 at 12.05.46_5cfe8bcb.jpg

Leierpaar

Almal ken vir Michael en Chantal. Hulle is al jare betrokke by Jeria sending. Hulle het drie seuns en het 'n groot liefde vir die Here en Sy bediening. Hulle begeerte is dat mense die Here sal dien in gees en in waarheid. Hier by Lewende Woord is Chantal betrokke by die kinderkerk en Michael is deel van die praise en worship span. Hy is ook altyd beskikbaar waar ookal hulp nodig is. “Ons is so opgewonde oor die nuwe seisoen waarin die Here ons vat. Ons wil diensbaar wees.

bottom of page