top of page

God het hierdie gemeente geroep tot terugkeer na die Nuwe Testamentiese gemeente:

 

 

Waar die Woord mense se lewens verander sodat ons mekaar en ander dien met die liefde en gawes van God binne 'n familie van gelowiges en terselfdertyd ook 'n hart vol genade betoon vir 'n verlore wêreld terwyl ons besef dat alles wat ons het, aan God behoort.

WhatsApp Image 2023-12-20 at 10.55.36_cb8e341b.jpg

Ons roeping

Ons roeping is om alle mense op te rig as God se nuwe geslag bedienaars volgens Mattheus 28:18-20:
 
"En Jesus het met hulle gespreek en gesê: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld."

ONS GLO

Mense se lewens word verander waar die onverdunde waarheid van die volle Bybelboodskap bedien word - Heb 4:12

 

Die ongelowige, verloregaande wêreld is van lewensbelang

- Matt 28:18-20

Volgelinge van Jesus se lewe word gekenmerk deur 'n egtheid en voortdurende groei - 2 Pet 1:5-10

 

Dit is gelowiges se roeping om God se gawes te herken in mekaar se lewens en ander te bedien daarmee – 1 Kor 12

 

Egte liefde en eenheid moet die verhoudings van die gelowiges kenmerk

- 1 Joh 4:7-8

 

Die liggaam van Christus word mees effektief bedien in 'n kleiner groep van 10 tot 12 gelowiges wat verbind is tot mekaar - Hand 2:46

 

Net ons beste kan God vereer en mense inspireer - Kol 3:23

 

Mense moet gelei word deur Geesvervulde gelowiges - Hand 6:3

Volkome  oorgawe aan Jesus Christus en Sy koninkryk is normaal in 'n gelowige se lewe - 1 Kon 11:4

Om hierdie roeping

uit te voer

Bou ons aan vriendskapsverhoudings met mense, vertel ons hulle ons getuienis, skep ons geleenthede waar ons God se genade en liefde kan betoon, reël ons byeenkomste waar gelowiges kan groei, moedig ons gelowiges aan om deel te word van 'n groter familie van gelowiges, help ons mekaar om ons gawes te ontdek, te ontwikkel en mekaar daarmee te dien en leer ons mekaar om 'n Koninkryksbestuurder van geld en besittings te wees waarmee God ons seën.

JA TE Sê VIR JESUS DEUR

My te bekeer (Hand 3:19) en te kies om Jesus in die geloof te aanvaar as my persoonlike Verlosser (Rom 10:9-10)

 

As gelowige gedoop te word met water (Matt 28:19)

en gevul/gedoop te word met die Heilige Gees (Hand 2:38-39)

JA TE Sê VIR MEKAAR DEUR

Persoonlik betrokke te raak in kleiner byeenkomste (Heb 10:25) en meelewende te wees in groter byeenkomste van gelowiges (Ef 4:11-16)

DIE WêRELD UIT TE NOOI NA DIE FEES DEUR

Uit te reik na ander mense en hulle voor te stel aan ons Koning en Verlosser, Jesus Christus;  hulle bekend te stel aan ons familie in Jesus en dan ook hulle deel te laat raak van die groter Liggaam van Jesus

(1 Joh 2:12-14)

ONS TE VERBIND OM

Daagliks tyd te maak met God deur woord en gebed

(Ps 119:105 & Joh 4:23-24)

Ons gawes te ontdek en te ontwikkel

(1 Kor 12:12-14 & 1 Pet 4:10)

Die vrugte van die Gees te ontwikkel

(Gal 5:22)

My tiende te gee uit dankbaarheid

(Matt 23:23 & 2 Kor 9:7-8)

Die Bybelse waardes waarop hierdie gemeente se roeping gebaseer is, te respekteer en uit te leef.

bottom of page